Tuesday 23 December 2014

Leë huisie by die see

Gedink hulle slaap al
Dan 'n klop aan my ruit
Van die Golwe wat speel op die nagsand
Soos soet kinders sag.

Wind fluit pronkerig agterna
Hy wat aandag uitbuit
Dra eerder die koue oor die water
En stuur verwagte Dag.

Wolk'svreem en sku vir mens
Van alle spektrum blou
Vervrolik saam met See en Sand
Trek skare saam eens meer.

Praat ons saam soos oud
Almal wil 'n huisie hê by Jou
Maar wat ek nie gewaar het
Die Vrou wat ek begeer.