Saturday 13 July 2013

onthou jy...

Onthou jy...?
Onthou jy ons eerste date, ons eerste soen?
Dinge wat ek jou vertel het ons nog gaan doen?
Jou oë, jou glimlag, jou hande in myne sag.
Die etes, geselskap en animation flieks?
Die pannekoek, pasteie en plaas pieknieks.
Die woordlose boeke op jou gesig geskryf,
                                      elke dag oneindig met nuwe beloftes van leef.
Soos ons dans en hoe eenvoudig jou hare in die reen teen jou wange kleef.

Onthou jy...?

Ons sing saam soos ons ry deur die overberg groen,
soveel plaas dinge wat ek jou toe leer doen.
Die see en braai voor die strandhuis se sig,
die skitter in jou oë deur vuurwerke belig.

Onthou jy...

al die dinge vertel ek jou weer vandag...
om jou te ontmoet, ek kan nie meer wag...!

asof ek weet

Ek praat asof ek weet,
wie jy is…gaan wees vir my.
En dan jou gesig vergeet
soos die helderste son sal vergeet om op die donker van die maan te skyn.

Belaglik; hoe ek jou sien
in elkeen se oë, elke sy.
Sal ek jou verdien
vandag en altyd om vas te hou en trane wegvee tot die laaste seer verdwyn?

Een woord weg van jou
ek wag langste in die korste ry.
So seker soos winter môredou
onbetwyfeld sal ek kaalvoet in die stofpad staan voor jou vrees en pyn.

Woorde vir ‘n mens onbekend
kan ek nie in hierdie wêreld te kry.
Nou tot jou wil ek wend
my hart se spraak wat vanself en woordeloos met joune lyn.