Ek praat asof ek weet,
wie jy is…gaan wees vir my.
En dan jou gesig vergeet
soos die helderste son sal vergeet om op die donker van die
maan te skyn.
Belaglik; hoe ek jou sien
in elkeen se oë, elke sy.
Sal ek jou verdien
vandag en altyd om vas te hou en trane wegvee tot die laaste
seer verdwyn?
Een woord weg van jou
ek wag langste in die korste ry.
So seker soos winter môredou
onbetwyfeld sal ek kaalvoet in die stofpad staan voor jou
vrees en pyn.
Woorde vir ‘n mens onbekend
kan ek nie in hierdie wêreld te kry.
Nou tot jou wil ek wend
my hart se spraak wat vanself en woordeloos met joune lyn.
No comments:
Post a Comment