Wednesday 16 April 2014

vrede verlief

Maanskyn en rose soos alle begin
Die verliefdheid tussen ons staan
Tyd spandeer van waarde onmerk
En verwonder in waarheen tyd gaan.

En so het my droom met my gedagtes
Begin smokkel...wegloop met my geluk
Twyfel vergiftig my verstaan van jou
Ek wonder wanneer ek gaan wakker skrik.

Menslik gebôre met onsekerheid in hand
Vrees vervang wat pragtig was...is
Bid vir Sy keuse en vrede in hart
Ek kan nie sien wat ek dan vermis?

Glo, vertrou en soos alle keer vroeër
Neem stilte waar die storm verwoes
God's kalm lig my bekommernis weg
En ek voel wat ek al die tyd moes.

My liefde elke dag in meervoud groei
Sekerheid lê in my siel oor jou
Sonder hindernis kan ek leef in ons
My gister, my nou, my altyd, my vrou.

No comments:

Post a Comment