Saturday 11 April 2015

Opstaan

Oor en oor in koor gehoor
lewenslesse word uitgedeel
woorde bly net dit
op eie beteken nie juis veel

dan jou te kenne
in afstand verneem
tragedie onverstaan
frustrasie ons probleem

raar gekies, beproefde mens
wat opstaan
waar liggaam staak maar
Hy saamgaan

in donker tyd lig skyn
dankbaar wees
nou swak in aard
maar sterk van gees

dankie vir die hoop
in die harte wat jy skep
man van God
verdien my respek.

No comments:

Post a Comment