Saturday 20 September 2014

Sekonde droom

'n Droom luier in my gedagtes
Die sagte reën verken jou gesig
Lande van groen winter palet die verte
Die son gebreek die mis vanoggend dig.

Ogies staar, veg deur die hemelwater
Met glimlag eg, verklap deur sighoeke
Koue neusie rooi met Kaapskaars sneeu
Op jou gesig, lees ek reeks' digboeke.

Ontwaak uit die droom
Jou verskyning vermis, tog verwag
Alleenheid besef vir nou
Maar eendag, elke dag.

No comments:

Post a Comment