Thursday 19 December 2013

Afwagting

Nou mis ek haar, mis ek jou
Wat ek nog geen idee van het wie is
Ek sien oral om my in almal van hulle
Wat gevind het wat my pad mis.

En my hart wonder in stille rusie
Hoekom my eenrigting straat
Geen aansluitings sien in die pad naby
Waar ek met my gedagtes praat.

Die wonder van vriendskap tot uiters ervaar
Waar twee besluit om mekaar te leef
Eenvoud geluk in samesyn basies
En liefde uit wil na mekaar heen kleef.

En ek wag, onrustig soos my aard
Maar weet dat daglig dit gaan beter maak
My emosie loop oor my nugter gedagtes nou
Tog sal ek weer kan redeneer oor die saak.

So eendag sal ek jou oë sien skitter
In 'n wit rok sal jy die prag van hemel glans
En ek dink terug aan vandag toe ek blind was
Laggend terwyl ons weer vir die eerste keer dans.

No comments:

Post a Comment