Saturday 8 February 2014

Fooie skryf

Sjoe! Dis Woensdag en wat
Gebeur tog vanaand by jou
Niks gehoor en wonder dan
Rooiwyn in die straat jy sou?

'n Glas, 'n bottel en weer nog een
Tyd verloor in geselskap lig
Werk wat wag; sit agter vandag
Ek luister na die stem in sig.

Weggevoer in jou wêreld se stories
Van familie en vakansie en opwinding
Ek wonder oor jou kosmaak vernuf
En hoe jy in jou motor saam sing.

Donker nag in wording het geen koue
Jou teenwoordigheid omhels my
Onwetend die kaarte teen jou styf
Waar sal ek my dapperheid kry?

Vertrek na ou herinneringe nuut
Soos eerstejaar gedans en lag
Net ek en jy en die res verdwyn
Bekommernisse verloor alle mag.

Aanskuif weer teen daglig dreig
Verloor ons onsself in die kort
Besluit wat sou uitdraai op geen goeie
En wat het van die aand geword?

Het jou vasgehou in donkerste diep
Daar is geen ander plek waar ek sou
Dink om te verplaas en vermis want
Ek wou nêrens wees as daar vir jou.

Ongehoort en buite verwysing
Die storie het tot einde beleef
Al wat ek bly wonder is die vraag;
Gaan jy ons woorde môre vergeef?

***

Vergete, uitgewis, blanko blad
Maar ek het elke oomblik vas
Gelê in my geheue want nie te
Verloor wat die aand vir my was.

My herinneringe vir jou te sê
Steeds woorde van jou stom
Blomme help die prentjie wys
My gedagtes rol oor en om.

Jy; geheimsinnig en die verlede
Het geleer om onsself te bewaak
Jou aandag vir my, 'n kans in duisend
En ek los alle vrees wat my eens sou raak.

Vriendskap gegroei na meer
Begin uit geselsies klein
Struisbaai roep deur die wind
So ook 'n bottel rooiwyn.

Kindervreugde in jou oë te sien
My gedagtes hardloop met my weg
Ekstase hand aan hand deur jou
Waar my aandag na jou glimlag veg.

'n Nuwe avontuur is in te wag
Ek wonder of ek weet die kans
Dat iemand soos jy vir my gee
Tyd van jou afstaan vir 'n dans.

My kinderhart soos Kersfees môre
Ek sien uit om joune te verdien
Sê my, spreek jou gedagtes
Deel jy my opwinding en sien?

"ek doen"

No comments:

Post a Comment