Sunday 4 August 2013

Avis-tannie

So…as ek nou hier sit en wonder of jy soos die Avis-tannie is, wat vir almal mooi glimlag en laat warm voel, of is jy regtig, soos regtig opgewonde as jy my sien, soos ek word as ek jou sien en met jou praat dan word ek weer opgewonde oor roomys en afrikaanse liedjies want dit beteken ek kan met jou dans en dan as jy naby my is besef ek weer hoe lekker jy ruik en hoe jou oë skitter in die selfs die swakste lig en ek sien hoe jy lag vir my eenvoudige tolla grappies en hoe jou gesig ophelder as ek praat oor enige iets soos oestyd op die plaas of dink jy partykeer aan my soos ek aan jou dink of is die boodskappe net ‘n tydverdryf van die vrae wat in my hart rond dryf en dan as ek weer aan jou dink verlang ek, maar hoe kan dit dan wees dat ek verlang na iemand wat ek nie eens so goed ken nie, is dit omdat ek jou wil leer ken en wil wys wie ek is en dis dan wanneer ek weer wonder; beleef ek die opregteheid of sien ek wat ek wil sien en gaan ek nou my skaam wanneer ek jou vra of jy saam met my wil gaan wynproe of roomys of koffie kry of fliek en die ergste van alles is dat ek hierdie alles vir jou moet sê maar sê nou jy is die Avis-tannie?

Maar sê nou jy is nie…

No comments:

Post a Comment