Sunday 10 November 2013

Verlore; verlede tyd

Vir 'n oomblik voel ek verlore. Vir 'n tyd al verlore. Ver van alles en almal af weg. Verlore. Vergete. Hulpeloos en dan oorval 'n angs van nutteloosheid my. Ek is bang. Alleen. Verlore. Ek word paniekbevange en weet nie wat dit gaan beter maak nie. Maar dan onthou ek...

my God

...het my nog nooit verlaat nie, nog nooit in die steek gelaat nie. My hart het altyd vrede by my God. Ek slaap rustig en bekommer verdwyn by my God. Angs word vervang deur blydskap en dankbaarheid. My God.

As my vrede by my God is, waar is ek dan dat ek verlore is? My pad na God is altyd oop... hoe is ek dan nie by God nie? Verlore as mens. Die pad gevat na 'n ander land. Maar daar is niks behalwe leƫ beloftes nie. Verlore.

Ek kan tog die pad kies. Terug na my God met eens! God gee my rus, vrede en oorvloed uit sy goedheid. Soos keer op keer tevore. Al draai ek weg, sal God bly staan. En wanneer hierdie mens besef hy stap verder van God af, omdraai en terugkruip, tel God die mens op, die verlore.

Nie meer nie, maar tuis by God. Waar God voorsien, sorg en vrede gee wil ek wees met my hele siel, hart en verstand. By my God. 

In God verlore. In God gevind.

No comments:

Post a Comment