Wednesday 22 January 2014

Hitte stilte

Ek sit in die hitte
Buite op my stoep
Dis half 11 klokslag
'n Kriek in die tuin roep.

Windstil in 'n windstad
Oopwolk sterrenag skitter
Dis te warm binne
'n Geel maan word al witter.

Ek dink soos ek proe
Aan die klaar-warm glas
'n Klink sal welkom wees
Van ander geskied pas.

Stilte in verwondering
Geselskap net te wees
'n Liefdesbrief geskryf
In jou oë het ek gelees.

Eendag sal ek terugdink
En wonder oor die woorde
Soveel meer geluk gevind
Gestuur uit God se Noorde.

No comments:

Post a Comment