Monday 13 January 2014

kies jou ruit

Ek is so oud soos my hart my toelaat
My jeug gedagtes jaag my idees
Ver van nou, in afstand jare gemeet
Hoop ek dat soos nou; my gees sal wees.

Hierdie lewe so kort insigself
Bekommernis steel tyd verdraai
Amper vergeet van gelukkig lag
Terwyl al liedere wag om ons te draai.

Te dans te lag te meer te veel
Vreugde sien is keuse van my
Deel blydskap met jou glimlag
Wys jou deug by ander aan sy.

Alledaagse laste loodswaar vertoon
Geen rede te vind vir so as t'waar
So doen weg met vrees onbekend
Vervang met rigtingdenk en sie'daar.

Krag van Bo van binne in jou
Styg uit en kyk nooit terug
Staan vas in jou geloof soos min
Agtergeblewenes verdwyn uit sig.


Laaste waarheid van my kant
Belsuit op ware geluk en leef dit uit
Wanneer jou son op ander skyn
Sien hulle ook die wêreld deur jou ruit.

No comments:

Post a Comment