Monday 13 January 2014

Jou eerlikheid verfris my

Kort en kragtig teen tydmors bewaak
Jou eerlikheid is 'n vreemde gedagte vir my
Nie net woorde vermis in wisseling aard
Dankbaarheid vul my hart selfs in hartseer bui.

Jou gedagtes hardloop jou jare vooruit
Terwyl die wat jou voor is, agter raak
Jy wys jou menswees buite jou reik
Juis nie en laat ander lyk asof geen smaak.

My oog het jou donker glans gevang
Deur jou oë het jou glimlag verlig
Die prag van jou hande, sag en meer
Jou gesprek praat kind en ook van insig.

Jou eerlikheid verfris my
Van jou veral wys wonder
Geen verskoning werd
Ander name val na onder. 

Dankie dat jy my kon wys
Al was dit nooit iets meer
Dat julle steeds bestaan
En die wêreld iets kan leer. 

No comments:

Post a Comment