Saturday 26 October 2013

Terloops

Dan is daar hierdie dae wat ek terugdink aan tye wat bekommernisse maar n dag oud was en veelmalige kere nie 'n weeksverjaardag gesien het nie...

Dit was die dae wat ons meer moes doen, minder moes verskonings maak, nader moes bly, verder moes ry, harder moes sing, sagter moes praat, vroeër moes vuur aansteek en later moes wakker bly.

Ons moes oor die onderdeur kon sien maar dit was nog so ver en onnodig onbekend.

Ten minste nou besef ons wat tyd se waarde was... so asof dit te laat is? Ons is mos nog hier is ons nie? Ons weet wat ons nog wou doen...my lys raak langer hoe meer ek afmerk! Besluit self hoeveel tyd jy het of nie wil hê nie...

As jou dag te vol is, waarmee is jy so besig? Nog wonderlike vrae vir n spieëlbeeld kom neer op wat is belangrik vir jou en wat behoort te wees?

Terloops...jy is my antwoord op altwee.

No comments:

Post a Comment